Die groot-oog Graad 8’ies van 2018, met die gróót tasse en gróót drome, het ons die laaste vyf jaar toegelaat om aan hulle te timmer en te skaaf, om hulle te bemoedig en beskerm, om hulle toe te rus met vaardighede en visie – hulle het ons vertrou met hulle denke en doelwitte – daarom deel ons heelhartig in die blydskap van hierdie besonderse groep kinders  se matriekuitslae. Hierdie groep se graadgemiddeld was aan die einde van Graad 8 = 71%. Ná die matriekeindeksamen spog hulle met 'n graadgemiddeld van 79.8%.

 

  • Ons 221 matrieks het 100% universiteitstoelating
  • 217 kan graadstudies voltooi
  • Amper die helfte van die graad (47%) het 4 of meer vakonderskeidings
  • 6 kandidate met 10 A’s
  • 9 kandidate met 9 A’s
  • 10 kandidate met 8 A’s
  • 23 kandidate met 7 A’s
  • 14 kandidate met 6 A’s
  • 21 kandidate met 5 A’s
  • 20 kandidate met 4 A’s
  • 805 vak-onderskeidings (3.64 A’s per leerder)
  • 81 leerders neem Frans, Spaans, Duits of English Home Language: 54 verwerf A-simbole
  • Jos Kotzé behaal 100% vir Wiskunde en Carine Pretorius behaal 100% vir Gevorderde Studies Wiskunde

UITBLINKERVAKKE

 

Inligtingstegnologie: 74% gemiddeld

Fisiese Wetenskappe: 79% gemiddeld

Wiskunde: 75% gemiddeld

Verdere Studies Wiskunde: 80% gemiddeld

English Home Language: 81% gemiddeld

Rekeningkunde: 76% gemiddeld